Pippi – Hier is ons ôk ~ Hier zijn wij ook ~ Thina silapha ~ Here we are https://e2mc.co.za Hier is ons ôk ~ Hier zijn wij ook ~ Thina silapha ~ Here we are Mon, 31 Aug 2020 18:46:05 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.4.5 https://e2mc.co.za/wp-content/uploads/2019/03/cropped-e2mckatlogo-1-32x32.jpg Pippi – Hier is ons ôk ~ Hier zijn wij ook ~ Thina silapha ~ Here we are https://e2mc.co.za 32 32 Dinsdag, 10 Desember 2002 https://e2mc.co.za/dinsdag-10-desember-2002/ Mon, 31 Aug 2020 18:28:54 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=1036 Continue reading "Dinsdag, 10 Desember 2002"

]]>
Hulle glimlag altyd vriendelik en hulle het die gebruik van Pick-a-Pay trollies vervolmaak.  

Hulle beroep: papierherwinning.
Their trademark: patience and appreciation.  
Their motto:  ons deel want ons kry almal swaar.
A lot of people don’t even see them, if they see them they seldom look them in the eye and if they talk to them it is never a conversation.  They don’t beg, they have a job and it is like any other business – if you snooze, you loose.

Every Tuesday morning (except when one is ill – and dear reader : do not snigger) they visit our street and every time we talk I walk through the day a better person.  Soos in baie dorpe en stede leef  mense hier in ewewydige wêrelde wat skynbaar nooit op persoonlike vlak kruis nie.  Die verryking kom as hierdie wêrelde saamvloei en ons mekaar se harte hoor klop omdat ons gesprekke voer en mekaar se oë sien glimlag.

]]>
Maandag, 2 Desember 2002 https://e2mc.co.za/maandag-2-desember-2002/ Mon, 31 Aug 2020 18:12:53 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=1029 Continue reading "Maandag, 2 Desember 2002"

]]>
Op ‘n dag word die kapstok vir die hoede tog weer ‘n surfbord en dit dalk op my veertigste.  Die wêreld bly vol rooi en saam met dit die leef van lewe.  Ons het laatmiddag die fliek “Life or something like it gaan kyk” en die grootste kuns is waarskynlik om aan die einde van die journey ‘n ‘Life’ te gehad het en nie “something like it” nie.  Mens droom soms oor die Chreysler of die Dune Beetle maar gelukkig sien mens ook die bloedrooi blomblaar op die gras…
Gratis is nie noodwendig goedkoop nie want kyk kos tyd en oor tyd moet mens besluit. 

Ek is nou byna lus en skryf iets oor beskuit want dit sou mooi rym, so: daarom drink ons soggens eers rustig 2 koppies koffie met beskuit.
Dit klink of vandag so ‘n sagbou vredige dag was, maar NATUURLIK NIE!!  Die bergies het weer die swart sakke van die studente oopgeskeur  en ons tel plastieksakke en papiere en anner mense se ……. op. Ek bel die beheerliggaam van Z Woonstelle om te laat weet dat die studente die vensters oopgelos het en die wind dit gaan verander in bloeddrukstygende apparatuur met die klap-klap die hele nag en ek kry ‘n persoon aan die lyn wat JUIS OP DAARDIE MOMENT haar breinsel vir iemand anners uitgeleen het.  Ek bel (vir die TIENDE keer) die beheerliggaam van L Beach want hulle kry maar net nie hulle somme reg nie en ek weet volgende maand moet ek weer bel!!!
Maar E bly kalm en sê ek moet sê as ek iets sien wat ons moet afneem en ek sê my skouers brand ons moet LOOP.  Gelukkig sien ons die blomrooi en sy stop die kamera in my hand en ek vergeet van die onbelangrike bloeddrukstygende dingetjies en ek weet die lug is sag blou.

]]>
Sondag 1 Desember 2002 https://e2mc.co.za/sondag-1-desember-2002/ Mon, 31 Aug 2020 17:57:25 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=1024 Continue reading "Sondag 1 Desember 2002"

]]>
‘n Rooi hoed dag …  Soms WEET mens hoe gelukkig mens is so met die son op jou lyf en die wind in jou hare en E met ‘n rooi krieket hoed op haar kop tussen al die strandlopers.  J het die afgelope week gehelp om nog ‘n sateliet die ruimte in te stuur (ons hoop die ding wentel al), die SA’ners het die krieket gewen, Bush speel nog cowboys en kroeks (gelukkig wil nie almal saamspeel nie), die Rand het gestyg (en gaan dalk weer daal), en ons, ons gaan stap op die strand.
En ons kyk vir die klein kinner lyfies wat oor die sand dobber en honde wat in die lug hang met swemmende pote en bibberende lyfies want basie wil so graag ‘n soutwater- aangepaste hond hê. Sambrele waai om en word deur manlief  in die sand IN geboor en waai weer om.  En oumens lyfies kom met kieries of met bekini’s verby – afhangende van die plek van herkoms.  En wolkies kinners baljaar in die golwe met ‘n oorverdowende gepaardgaande geluidsproduksie.

En ons stap met die son op ons lyf en die water om ons voete en verder weet ons van die wêreld met sy sateliete en cowboys niks. Pa’s en ma’s bou kastele – in die sand en in die lug,  verliefdes lag en koer of raas en blaas, die surfers surf en die ander leer surf , en ons stap met die blou lug om ons en die berge voor ons en E het ‘n rooi hoed op en vanaand skryf  iemand anders oor haar op hulle website. Voordat  die groot  res van die Transvalers toesak en nadat ek 3 keer gepiepie het, is ons weer terug Stellenbosch toe – E met ‘n rooi hoed op haar kop en ek met ‘n vuurrooi mantel om my skouers waar daar eers ‘n melkwit velletjie was. Die eenvoud van die lewe…life is beautiful!!

Vanaand het ons geluister na die Libertas Koor se kersprogram en….. ek gebruik woorde uit ‘n gedig:
Here, ek gooi my vreugde soos voëls in die lug op!!

]]>
Double kayak training at Boulders https://e2mc.co.za/double-kayak-training-at-boulders/ Thu, 04 Jul 2019 04:11:14 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=1001 Sunburst https://e2mc.co.za/sunburst-2/ Wed, 03 Jul 2019 04:02:03 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=997 Boulders Beach https://e2mc.co.za/boulders-beach/ Tue, 02 Jul 2019 04:59:12 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=993 Quaint and colourful https://e2mc.co.za/quaint-and-colourful/ Mon, 01 Jul 2019 04:57:46 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=990 Golden pathway https://e2mc.co.za/golden-pathway/ Sun, 30 Jun 2019 04:56:29 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=988 A new day dawns over Lion’s Head https://e2mc.co.za/a-new-day-dawns-over-lions-head/ Sat, 29 Jun 2019 04:54:06 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=972 Returning home at the end of the day https://e2mc.co.za/returning-home-at-the-end-of-the-day/ Fri, 28 Jun 2019 04:43:52 +0000 https://e2mc.etools.co.za/?p=968