Oorgawe

Die 4 wit pootjies op my bed strek in teenoorgestelde rigtings en die wollige snoesigheid word langer. Dalk moet ons met soveel oorgawe leef as wat ‘n kat kan slaap.

– m –